Gwede, Flip, Helen en Thulas bemark semels vir graan

NASIONALE GESPREK

Gwede, Flip, Helen en Thulas bemark semels vir graan

As ons nie onnadenkende of selfs opportunistiese uitsprake soos onlangse uitlatings van Gwede Mantashe, Flip Buys, Helen Zille en Thulas Nxesi uitdaag nie, word bisarre opinies mettertyd openbare mening, skryf PIET CROUCAMP.

SOMS uiter mense in gesagsposisies bisarre uitsprake en om die een of ander duistere rede word hulle nie onmiddellik – of selfs by nabetragting – uitgedaag om hulleself te verduidelik nie.

Daar is nie, soos Stephen Grootes altyd sê, “immediate pushback” deur die media of die openbare mening nie. Op ’n manier word nagelaat om invloedryke elite en meningsvormers verantwoordelik te hou vir hulle onnadenkende of selfs opportunistiese uitsprake. Dit het ontsaglike gevolge vir die nasionale konsensus wat betref die werklikheid en die waarheid. Bisarre opinies word uiteindelik openbare mening.

Blykbaar het die Nazi-propagandaminister Joseph Goebbels gesê as ’n leuen dikwels genoeg herhaal word, sal almal dit later as ’n werklikheid en waarheid aanvaar. My wrewel en Goebbels se bose intensies bring my by Gwede Mantashe, Flip Buys, Helen Zille en Thulas Nxesi...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.