Eskom: ’n gekweste bok, ’n ramptoestand en ’n eis dat die Ruyter ...

MAAK 'N PLAN!

Eskom: ’n gekweste bok, ’n ramptoestand en ’n eis dat die Ruyter afgegooi word

Die kragkrisis is 'n katastrofe wat Suid-Afrika nog kan laat ontspoor. Die Ramaphosa-regering lyk verlam en kwesbaar en sy vyande misbruik die krisis om hom verder te ondermyn. Eskom se hoofbestuurder se posisie raak by die dag meer onhoudbaar. 'n Nasionale ramptoestand en 'n omvattende plan om hernubare energie gou op groot skaal beskikbaar te maak, is al uitweg, skryf MAX DU PREEZ.

'N KRISIS veel groter as dié van die gewelddadige oproer in Julie verlede jaar,  selfs groter as die Covid-19-pandemie. Dít is hoe ernstig die elektrisiteitskrisis nou is, met potensieel rampspoedige implikasies vir Suid-Afrika se stabiliteit.

Net die laaste week se kragonderbrekings kos die ekonomie in die koers van R20 biljoen, het 'n ekonomiese navorser gister vir my gesê, “en dan praat ons nie eens van sakevertroue en die land se prestige as 'n beleggingsbestemming wat ondermyn is of die impak op kleinsake en werkloosheid nie”.

As die krisis veel langer voortduur, gaan die ekonomiese groeikoers vanjaar dalk nader aan 1% as die gehoopte 2% of meer wees, en is 'n  kredietafgradering op hande...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.