Maak vrede daarmee: Die meeste staatskapers gaan nié aan die pen ...

TYD OM WEER OOR AMNESTIE TE DINK

Maak vrede daarmee: Die meeste staatskapers gaan nié aan die pen ry

Ten spyte van alles wat ons by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gesien en gehoor het, moet Suid-Afrikaners besef die huidige regstelsel het nie die kapasiteit om geregtigheid te laat geskied nie. PIET CROUCAMP verduidelik hoekom nie.

MET die Zondo-verslag wat hortend tot ’n einde gestotter het, skuif die aandag nou na die direktoraat vir prioriteitsondersoeke (die Valke), die nasionale vervolgingsgesag (NVG) en die NVG se Ondersoekdirektoraat (OD).

Vir die doeleindes van konteks het ek gesels met Glynnis Breytenbach, voorheen ’n ondersoeker by die NVG en tans die DA se skaduminister van justisie. Breytenbach is “hardcore” en, soos sy self sê, sy dra nie eintlik die hoed van haar parlementêre verteenwoordiging nie. Ek moet eerlik wees en erken ek was dalk ietwat onkant betrap deur haar flitsende en vlymskerp skatologie, maar menige heilige woord ontstaan uit ’n swetsende gemoed.

As jy praat met regslui wat deel was van die uitgebreide getal spanne wat aan die Zondo-verslag gewerk het, besef jy hoekom regter Raymond Zondo tot in die nanag met die finale verslag gedraal het. Hy moes homself letterlik eers vergewis van die inhoud van sy eie verslag, want hoewel die finale verantwoordelikheid by hom berus, het hy bitter min van die 5,500 bladsye self geskryf...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.