DIT is Woensdagaand en kykNET se Lourensa Eckard is in gesprek met my, die assistent-redakteur van News24, Pieter du Toit, en my oudstudent dr. Mpumelelo Mkhabela. Ons probeer sin maak van die beweerde misdaad wat gepleeg is op Phala Phala, die plaas van pres. Cyril Ramaphosa.
Ons weet die Valke moet bloot ’n klag teen die president aanhangig maak vir hom om terug te staan. Dit is die reël wat hy en sy kamerade in die ANC se uitvoerende komitee afdwing. Dit sal die einde van sy politieke loopbaan wees, want die saak sal nie afgehandel wees voor Dingaansdag 2022, wanneer die ANC ’n nuwe leier verkies nie.
Volgens my gespreksgenote “weet ons nie genoeg om die president aan te kla nie”. Ek het ook die primitiewe drang om Cyril te beskerm, want wat my betref, is hy inderdaad die “last good man standing” in die ANC. Sonder hom is ons – en dalk ook Suid-Afrika se demokrasie – heel moontlik in ’n verskriklike gemors...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.