Seks, begeerte, refleksies van ’n supermodel en die...

ESSAY

Seks, begeerte, refleksies van ’n supermodel en die ‘onsigbaarheid’ van ouer vroue

In 'n kultuur waar vroue se begeerlikheid vir die teenoorgestelde geslag begin afneem wanneer hulle 18 word (ja, regtig, daar is navorsing hieroor) en mans s'n eers op 50, sal elke ouer vrou in een of ander stadium 'n identiteit-herkalibrasie moet ondergaan, sê ANNELIESE BURGESS.

“EK kan nie glo hoe anders jy nou lyk as toe jy 'n verslaggewer was by die Waarheidskommissie nie," sê die man saam met wie ek op 'n geselsprogram verskyn. Dit is weggooi-opmerking in die small talk voor 'n televisieprogram op die lug gaan. “Ek sou so dink," sê ek. “Dit is meer as 20 jaar gelede." Almal lag.

Ek kou aan die opmerking. Objektief gesproke is dit natuurlik 'n heeltemal korrekte observasie. Ek is immers 54. Die grys deurspek my hare (ek is mal daaroor). Tyd is op my gesig uitgekerf (ek hou minder daarvan) en ek het lankal nie meer die metabolisme wat my in my ou nommer 34-Levi's laat inpas het nie. 

Ek weet dit was heeltemal sonder venyn bedoel, maar ek probeer verstaan hoekom ék so verdedigend voel. Hoekom my ouer-wees, deur die oë van 'n man gesien, my laat voel asof ek op 'n manier minder is (in plaas van meer, soos ek myself sien)...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.