MY pa gaan nou al weke aan oor die beeste. Hy praat moeilik. Dit is nie maklik om te verstaan wat hy probeer sê nie. Al wat ek weet, is dat hy die beeste in die rivierkamp wil injaag.
Dit help nie ek sê daar is nie beeste nie. Dat al die beeste op die plaas is. Dat my broer mooi kyk na hulle. Ek bel my broer. Die foon is op luidspreker. My pa hou die telefoon vas met sy bewende hande.
“What are we going to do about the cattle?” kry hy moeisaam uit. My broer is geduldig. Hy praat met Dad oor die kampe soos altyd. Die bloekomkamp. Die bergkamp. Die damkamp. Die een bo-op die TV-kop. Die een by die “matjien”. Iewers diep binne-in my roer ’n groot seer. Maar die huil steek vas. Trane kom deesdae moeilik...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.