Van uitstel kom afstel: Hoe ek uiteindelik my...

DIE EINDE IS OOK 'N BEGIN

Van uitstel kom afstel: Hoe ek uiteindelik my lewenseinde-plan laat optrek het

'n Gesprek oor die dood is eintlik 'n gesprek oor die lewe, kom ANNELIESE BURGESS agter toe sy besluit oor resussitasie, haar begrafnis eendag en 'n spesiale versoek vir haar dogter. Nie net is dit verbasend maklik om 'n lewenseinde-plan op te stel nie, skryf sy, maar ook 'n groot verligting.

EK kom uit ’n familie van uiterse en chroniese uitstellers. As ons nóg ’n koppie tee kan drink om ’n moeilike (of selfs maklike) besluit nog ’n bietjie te vertraag, dan laat kook ons vinnig die ketel eerder as om die gesprek te hê.

Dit was juis in die chaos en gespartel met ons hopelose gebrek aan beplanning vir ’n ouer met demensie dat ek besluit het om my dogter dít te spaar. Dat ek daardie besluite sou neem terwyl ek in staat is om te dit te doen, en my kind met die troos en gerusstelling te laat dat ek oor my eie dood (en aan haar en haar lewe) gedink het.

En dít is toe ek hierdie week op ’n lieflike herfsmiddag (met ’n koppie tee) op my bank gaan sit om te praat oor wat aan die einde van my lewe met my troeteldiere moet gebeur, watse boodskappe ek vanuit die graf vir my man en vriende kan stuur en watse kleur my begrafniskoek moet wees. (Nie regtig nie, in elk geval nie die kleur van die koek nie. Maar daar ís mense vir wie dit belangrik is. En as iemand vra, pienk, asseblief.)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.