‘Covid-brein’ en ander langtermyn-kwale

SÓ LYK DIE NAVORSING

‘Covid-brein’ en ander langtermyn-kwale

Langdurige Covid (of sommer net ‘lang-Covid’) bly een van die groot raaisels wat nog oor hierdie coronavirus ontrafel moet word. Die meeste mense wat Covid-19 kry, herstel binne 'n paar weke. Maar baie mense sal vir nog lank daarna fisieke, neurologiese en kognitiewe (en ander) simptome bly ervaar. ANNELIESE BURGESS het verskeie navorsingstudies geraadpleeg oor hoe lang-Covid oor 'n jaar ontwikkel.

DIE amptelike mediese term is “post-akute nasleep van Covid-19" en die afkorting is PASC. Maar “langdurige Covid” is nou 'n erkende term in wetenskaplike literatuur en die meeste definisies daarvan verwys na pasiënte wat steeds simptome toon vier weke en langer ná hulle aanvanklike infeksie.

Kom ons noem dit “lang-Covid”.

Oor die afgelope twee jaar het ons baie geleer oor Covid, en ons weet nou dat dit nie net die longe aantas nie. Covid is 'n multi-orgaansiekte wat 'n groot verskeidenheid simptome tot gevolg kan hê. Dit kan die longe, hart, niere, spysverteringstelsel en selfs die brein aantas...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.