Verkragting as oorlogswapen: van Berlyn 1945 tot Bucha 2022

DIE ONTKENNING DUUR VOORT

Verkragting as oorlogswapen: van Berlyn 1945 tot Bucha 2022

Die beweerde oproep tussen 'n Russiese soldaat en sy vrou waarin sy hom toestemming gee om Oekraïense vroue te verkrag, en die verhale van seksuele geweld teen burgerlikes wat nou in die oorlog dáár opduik, eggo 'n ander donker hoofstuk in Russiese oorlogvoering – die vermeende verkragting van tot twee miljoen Duitse vroue deur die seëvierende soldate van die Rooi Leër in die doodsnikke van die Tweede Wêreldoorlog. Deur ANNELIESE BURGESS.

DIS na bewering 'n oproep tussen 'n Russiese soldaat en sy vrou wat deur die Oekraïense sekuriteitsdiens onderskep is en toe op Telegram (https://t.me/SBUkr/4104) met die wêreld gedeel is. In die gesprek gee die vrou giggelend toestemming dat hy vroue in Oekraïne mag verkrag. Die informele, grappige trant van die gesprek is moeilik om na te luister. Die banaliteit van boosheid in 'n ek-verlang-na-jou-telefoonoproep tussen 'n jong man en sy geliefde is moeilik om te glo.

Die Russe sê die opname is vals inligting. Opgemaak. Hulle soldate teiken nie burgerlikes nie. En geen verkragtings word gepleeg nie. Dit word alles deur die Oekraïners opgemaak om die Russe in 'n slegte lig te stel.

Dít weet ons is onwaar, want soos die Russiese troepe uit sekere gebiede rondom Kyiv teruggetrek het om in die ooste van die land te hergroepeer, was die verskrikking daar vir almal om te sien. Uitgebrand stede deur bomme verwoes. Lyke in die strate. En ál hoe meer stories, en bewyse, van seksuele misdade teen vroue en kinders...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.