Sondes van vaders én skole besoek wit studente

KULTUURGOEDERE

Sondes van vaders én skole besoek wit studente

’n Kommerwekkende kohort Suid-Afrikaanse studente het uiters beperkte leeservaring en kan nie werklik sinvolle akademiese relase voer nie, skryf PIET CROUCAMP. Eerder as om mededingende vertrekpunte teenoor mekaar op te weeg, flans hulle opinies saam en bied dit as noodwendige gevolgtrekkings aan.

EK kry myself nie sover om Suid-Afrika se demokratiese bestel as op die afgrond te sien nie. Maar soms vra ek myself af of ek inderdaad iets raaksien wat ander mense nie noodwendig sien nie. Optimisme moet tog gefundeer wees. Dit kan nie net ’n versugting wees nie, daar moet iets realisties daaraan wees.

Soms vra boere my om ’n positiewe boodskap na hulle boeredae te bring. Ek weier. ’n Positiewe boodskap impliseer dat die destruktiewe tendense wat ons oorlewing so verinneweer onder die maatemmer ingesleep word en dat optimistiese verskynsels met oordaad blinker as blink gepoets word. Die werklikheid bied reeds baie geleenthede vir goeie moed, ek hoef nie te kom femel en veins nie.

Mens as resultaat van ons ervarings ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.