’n Huis waar die wêreld nog bybels is

KERSHOUT EN KOGGELMANDERS EN KOEKEMAKRANKAS

’n Huis waar die wêreld nog bybels is

Hier leef DOMINIQUE BOTHA volgens haar buurvrou ‘the right sort of life’. Sy hoop sy sal haar laaste asem op Fransplaas tussen die Bolandse berge kan uitblaas.

NOEM my Johnny. Ná ’n sekere ouderdom word ’n vrou in elk geval ’n man. Ek is die eienaar van 300 peerbome, van hulle nog geplant deur daai ou vabond Cecil John Rhodes. My lap grond lê aan die voetenent van ’n granietkolos in die Boland omring deur ’n stralekrans van klein nedersettings. Daar is kershout en koggelmanders en koekemakrankas. Daar is wabome en luiperds en watervalle in die winter. Die duiwel woon ook hier in ’n diep kloof. Hemels.

’n Ou verloopte het my aangeraai: “Maak vir jou ’n vesting in die Boland voor dit te laat is. Mense wat hulle komvandaan verloor het, woon altyd in te veel plekke op soek na leweneersit. Vra maar vir my.”

Die Te Koop-bord was al amper deurgeroes en toegerank onder die bloureën. ’n Omie op ’n stoep oorkant die stuk grond het my gewaarsku: “U en u se mense moet direk praat met die eienaar. Bruin mense verkoop nie sommer nie. En indien wel verkieslik aan ander bruin mense.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.