Zondo wys die vinger na Cyril se kleivoete

ALLES DIE MOEITE WERD

Zondo wys die vinger na Cyril se kleivoete

Dit moes Cyril Ramaphosa se groot triomf gewees het: die glorieryke oorwinning oor die staatskapers, die finale einde van die skandelike Zuma-era, die erkenning van 'n nuwe, etiese regime. Maar toe werk die einde van die Zondo-kommissie nie so vir hom uit nie, skryf MAX DU PREEZ.

DIE enigste etiese en morele kolosse in dié drama van die laaste dekade is Thuli Madonsela, Raymond Zondo, die fluitjieblasers, en die handjievol ondersoekende joernaliste wat ons van staatskaping en misbruik ingelig het.

Die Guptas is in 'n tronk in Dubai, Jacob Zuma (steeds) in die hof, en die ander staatskapers staan deur Zondo verdoem, maar Suid-Afrika is duidelik nie veel minder korrup as 'n dekade gelede nie. Dit funksioneer ook nie beter nie.

En Ramaphosa se beeld as die groot skoonmaker en hernuwer is aan flarde. Nie net sê Zondo hy het as adjunkpresident van die ANC en die land onder Zuma byna niks gedoen om staatskaping te keer nie, Ramaphosa word nou boonop beskinder dat hy miljoene dollars in 'n rusbank op sy plaas aangehou en toe die diefstal daarvan probeer toesmeer het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.