Gaan dinge anders wees as ’n Julie 2021 ons wéér sou tref?

WEER EN MEER VAN DIESELFDE

Gaan dinge anders wees as ’n Julie 2021 ons wéér sou tref?

Bykans ’n jaar nadat brandende vragmotors die N3 tussen Gauteng en KwaZulu-Natal versper en ’n vlaag van geweld en bloedvergieting gevolg het, is gemoedere steeds onstuimig. Onlangs is die pad wéér versper, maar dié keer het die owerhede vinniger ingegryp. ERIKA GIBSON het ondersoek ingestel of die veiligheidsagentskappe as geheel ’n moontlike herhaling van katastrofiese oproer beter gaan kan teenstaan.

VERLEDE jaar se geweld het min of meer van 8 tot 17 Julie geduur. In dié tyd is 354 mense dood en het die sakesektor meer as R50 biljoen se skade gely. Die gevolge van die geweld was dat ’n geraamde meer as 200,000 werksgeleenthede in die slag gebly het nadat sowat 40,000 sakeondernemings in een of ander mate geraak is.

Kort op die hakke van die Covid-inperkings was die geweld nóg ’n terugslag vir die sakesektor. Heelparty kleiner ondernemings in veral KZN het nooit weer hul deure oopgemaak nie.

Die vraag is of daadwerklike stappe in werking gestel is om die sakesektor én inwoners vroegtydig te waarsku en te beveilig as sulke gebeure hulle dalk sou herhaal. En met inagneming van die steeds verslegtende sosio-ekonomiese situasie, insluitend werkloosheid, kragonderbrekings en immer stygende brandstofpryse, is ’n herhaling glad nie onwaarskynlik nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.