DIT was ’n magtige Russiese militêre oorlogsmasjien wat Oekraïne op 24 Februarie binnegeval het – die begin van ’n vernietigende Dawid-en-Goliat-stryd waar die wêreld (en Vladimir Putin) nie verwag het dat die Oekraïense weermag veel van ’n kans staan nie.
Amper twee maande later is die land en sy mense inderdaad verniel in ’n aanslag wat al vir weke klaarblyklik suiwer op ’n beleid van geskroeide aarde neerkom. Die grusame lyding en dood wat Rusland saai en daagliks nog as “propaganda” durf afmaak, word op elke televisiekanaal en sosiale platform in volkleur uitbasuin.
Met televisiekameras en joernaliste oor die hele oorlogsteater verspreid, kon Putin se spin doctors nie wegkom van die honderde Russiese tenks, pantservoertuie en trokke wat flenters geskiet rondlê nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.