Besoek van die doodsengel aan die baarmoeder

WANNEER JY ABORSIE OORWEEG

Besoek van die doodsengel aan die baarmoeder

ANELIA HEESE skryf 'n storie vir die hol kol op haar maag, en oor 'n anderse Sondag-preek, 'n struikelsteen en vrou-wees wat gekriminaliseer is.

DIS meer as 'n dekade gelede, maar ek onthou dit so sonneklaar soos gister: die dynserigheid oor Klapperkop, die Telkom-toring se brutale skaduwee, my kamermaat nog ingedoesel in haar pienk duvet, jakarandas wat kaal in die oggendlug bibber. Die reuk van gras-en-rommelhoop-rook brand my neus.

Die naaste Clicks is 'n halfuur se stap, en ek wou wegkom voordat iemand my kon berispe dat ek dit vrou-alleen op straat durf waag. Op Leydsstraat het 'n enkele taxi verby gery, hier en daar het 'n wit gesig besorgd uit hul karvensters na my geloer, 'n tuinman met 'n blou oorpak het my vriendelik in die verbystap gegroet. Op pad het ek gewonder: Sal dit op my ma se GEMS-staat verskyn? Moet ek eerder geld trek, kontant betaal en die strokie weggooi? Wat gaan dit kos?

Dit was nog stil in die mall, almal nog by die erediens. Ek is die lang gang af, badkamer toe. Agter die lendelam swaaideur was 'n skoonmaker besig om 'n mop met haar hande droog te wring.  Terwyl ek op 'n voosgesitte plastiektoiletrand na my pêntie staar, het sy begin om 'n gospel-deuntjie in Zoeloe te neurie. Vlekkeloos, so wit soos sneeu...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.