Die struikelende staat, AfriForum en Boer-maak-’n-Plan op ...

WAG EERS MET DIE TWO-TONE-HEMP

Die struikelende staat, AfriForum en Boer-maak-’n-Plan op steroids

Het die Solidariteit Beweging en AfriForum se aanslag verskuif, of het die toestand in Suid-Afrika die laaste jaar of wat só versleg dat ons met nuwe oë na hulle kyk, wonder MAX DU PREEZ.

DAAR behoort geen plek vir organisasies soos AfriForum en Solidariteit in Suid-Afrika van 2022 te gewees het nie.

Dit is ’n selfgeldende beweging van die gewese onderdrukkersklas wat eksklusief Afrikaans en Christelik is en “selfbestuur” bepleit, nou nie juis in harmonie met ons Grondwet wat nierassigheid in ’n sekulêre eenheidstaat soek nie. Ná eeue van wit oorheersing en onderdrukking voel ’n oplewing van Afrikanernasionalisme onvanpas en ongewens.

Ek self het die Solidariteit Beweging, waarvan AfriForum die meer “politieke” regte-organisasie is, al in die verlede van gevaarlike etniese mobilisering beskuldig. Ander kritici het dit al as die grootste gevaar vir ons demokrasie beskryf en in die breë swart gemeenskap het die naam AfriForum sinoniem met Afrikaner-arrogansie en selfs rassisme geword...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.