Bongani Baloyi: van DA-superster tot Action SA-bekeerling (en aktivis)

IN OPSTAND TEEN MOEDELOOSHEID

Bongani Baloyi: van DA-superster tot Action SA-bekeerling (en aktivis)

Hy was 26 toe hy die DA-burgemeester van Midvaal geword het. En vir die 10 jaar wat hy daar aan die stuur gestaan het, was dit een van die min munisipaliteite in die land wat skoon oudits gekry het. Maar toe waai die jong DA-superster Action SA toe. ANNELIESE BURGESS het saam met hom gaan tee drink om te hoor van sy nuwe politieke lewe.

BONGANI Baloyi stap 10 minute vroeg in vir ons vir ons afspraak. Maar ek was nóg meer paraat en sit en wag reeds in 'n donker hoekie van die “biblioteek” by die African Pride Hotel in Melrose Arch (donker boekrakke, sagte beligting, elevator-musiek en 'n klomp ou boeke wat 'n interior designer iewers by 'n tweedehandseboekwinkel gekoop het en niemand hier ooit hier gaan lees nie). Die plek sit vol black diamonds en ladies wat lunch. Dis een van daai plekke.

Baloyi bons in soos 'n Duracell-hasie. Hy dra 'n groen Action SA- windjekker en 'n breë glimlag. “Your new political home becomes you," sê ek vir hom terwyl hy wegsink in die diep stoel oorkant my. “I love it," sê hy in 'n amper-fluister, asof hy 'n geheim deel. “I. Just. Love. It."

Hy bestel 'n potjie rooibostee...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.