Onverdraagsaamheid is die wortel van wêreld-kwaad

VREEMDELINGEHAAT

Onverdraagsaamheid is die wortel van wêreld-kwaad

Nhlanhla ‘Lux’ Dlamini, Vladimir Putin, Bheki Cele, George Bush, Adolf Hitler, Ernst Roets, Xi Jinping, Kim Jong-un, Boris Johnson en Julius Malema klink skielik almal net so eenders. Die wêreld word ’n vreemde plek, skryf PIET CROUCAMP.

MET die aanvang van die Groot Depressie in Duitsland (1929-1930) was die Nasionaal-Sosialistiese Werkersparty (die Nazi’s) ’n randeier-, verregse politieke verskynsel. Met die Reichstag-verkiesing op 2 Mei 1928 kon dié party slegs 2.6% van die steun verwerf. Dit was reeds ’n verskraling van die steunbasis van 3% tydens die 1924-verkiesing, maar tussen 1930 en 1933 het die politieke onweerswolke in Duitsland ongekende afmetings aangeneem te midde van ’n ekonomiese depressie wat miljoene werkers uit die arbeidsmark gedwing het.

Die vernederende einde van die Eerste Wêreldoorlog en die ineenstorting van die ekonomie het ’n gemilitariseerde psige onder die Duitsers vaardig gemaak wat Adolf Hitler se rou fascisme op die Jode losgelaat het. Dit behoort redelike standaard- politieke teorie te wees dat ’n gefragmenteerde sosiologie – verteer deur verarming – ’n inkubasieruimte vir ’n ideologies ondefinieerbare fascisme skep. Populistiese politieke elites vind ’n vrugbare teelaarde vir magspolitiek in die dekadensie van ekonomiese verval.

Gemilitariseerde vreemdelingehaat in SA..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.