Ons kan nie iets nuuts begin bou voor iemand dit vir ons gewys het nie

VERBEEL JOU NET!

Ons kan nie iets nuuts begin bou voor iemand dit vir ons gewys het nie

QUINTON ADAMS sê ons gaan nie in hierdie land vooruit boer sonder skeppende mense wat nuwe moontlikhede kan verbeel en visualiseer nie.

ELKE dag ry ek verby ’n multibiljoenrand-eiendomsontwikkeling waarvan die konstruksie aan die gang is. Met ’n uitbeelding daarnaas van hoe dit uiteindelik gaan lyk. Dié visuele voorstelling inspireer my en soms stop ek om dit te vergelyk met die werklike ontwikkeling wat plaasvind. Die ontwikkeling vind regtig plaas; dis nie net ’n lugkasteel nie. Die stootskrapers woel en dit voel soms soos ’n mini-stad wat in aanbou is.

Ek besef elke keer dat die ontwikkelaar die projek “gesien” het lank voordat hulle daaraan begin bou het.

Ek raak soms bang wanneer ek mense hoor praat op radio en TV oor Suid-Afrika wat op pad na die afgrond is; hulle “sien” dit reeds in hulle verbeelding. Dan wil ek hard skree: Verander jou verbeelding!..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.