Taboes: Wat is vir jou so laakbaar dat dit ondenkbaar is?

VERBODE, ONTOELAATBAAR

Taboes: Wat is vir jou so laakbaar dat dit ondenkbaar is?

Verreweg die meeste mense het 'n natuurlike weersin in bloedskande en wéét eenvoudig net dat dit nie aanvaarbaar is nie. Maar ander taboes pas aan by die veranderende norme en behoeftes van die samelewing, skryf LOUIS AWERBUCK.

“KOM gou! Julle moet nou kom!” Varkie het by ons koshuiskamer ingebars, sy oë groot en blink van opwinding. Dit was 1983 en ons was in standerd 7. As Varkie na ligte-uit dit gewaag het om in die gange rond te sluip, moes daar iets groots gebeur het.

Hy was uitasem soos hy skree-fluister: “Stoetie het ’n tydskrif met kaal girls; sy pa het dit van oorsee saamgebring! Kom vinnig!” Varkie se woorde het nog skaars sy lippe verlaat, toe bondel ons al by die deur uit.

In die 1980’s was daar nêrens kaal vroue te siene nie, en ons was 15. In Stoetie-hulle se koshuiskamer het ons gretig saamgedrom, tienerseuns uitgelewer aan die taboes van ons tyd. Ons was ademloos geesdriftig om die verbode materiaal te sien, maar doodbang om uitgevang te word. Buite die veiligheid van ons eie koshuiskamer het ons skielik besef wat die gevolge gaan wees as ons betrap word met … onwettige PORNOGRAFIE...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.