AS jy soos ek eers ’n paar oomblikke moet nadink om te onthou waar in ’n kragprop die L-, E- en N-drade gekonnekteer moet word, moet jy dit ernstig oorweeg om jou sonkrag-tuisprojek heeltemal aan professionele mense oor te laat. Maar selfs dan moet jy weet waarna jy soek en watter vrae om te vra, en dít verg reeds heelwat navorsing.
Dis 'n relatief nuwe bedryf en gevolglik is daar heelwat kansvatters daar buite, en ’n verkeerde keuse kan jou baie geld kos (en áánhou kos). Soos altyd is die oënskynlik goedkoopste opsie dikwels die duurste een.
Dis nogal nuttig om aan jou blyplek as ’n Eskom in die kleine te dink. Jy wil byvoorbeeld nie tienduisende of selfs honderdduisende rande bestee net om jou eie weergawe van Medupi op die dak te hê nie. En as jy op die tweede verdieping van ’n woonstelgebou bly, of as jou blyplek se dak vir groot dele van die dag in die skaduwee van groot bome of hoë geboue is, is jou opsies met sonkrag natuurlik baie beperk...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.