×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Verduistering: Fase 6. Gatvolfaktor: Fase 8. En nou?

FASE-NASIE

Verduistering: Fase 6. Gatvolfaktor: Fase 8. En nou?

Vuisvoos, diep gefrustreerde Suid-Afrikaners se gatvolfaktor met kragonderbrekings het nou fase 8 bereik. MAX DU PREEZ probeer om 'n komplekse probleem te vereenvoudig en ontleed oorsake, gevolge en moontlike oplossings. Spoiler alert: Hy borrel nie oor van optimisme nie, maar …

FEIT: As die president en sy kabinet die verlammende beurtkrag aan eie bas ervaar het soos die res van die burgery en veral die sakegemeenskap, eerder as om in bevoorregte borrels sonder kragonderbrekings te leef, sou ons nie in September 2022 nog met elektrisiteitsprobleme gesit het nie.

Die ministers lees en hoor bloot van beurtkrag, hulle voel nooit jou en my uiterste frustrasie met ses of agt uur sonder krag elke dag nie; hulle sien nooit die trane en desperaatheid van klein en mediummaatskappye wat hulle winste in die sand sien wegsypel nie; hulle dink waarskynlik nie eens aan die hoërskoolleerlinge en studente wat by kerslig en sonder rekenaars of tablette moet studeer nie.

Nog ’n feit: Die Eskom-krisis is ’n momentopname, ’n kiekie, van die krankhede en skeurlyne van die regerende ANC, en Cyril Ramaphosa se verstommende magteloosheid om sy party reg te ruk...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.