Die staatsgreep-spook lóóp

POLITIEKERY

Die staatsgreep-spook lóóp

Die nuwe bangmaakspook in Suid-Afrika is dat die ANC sal weier om die mag af te staan as hulle in 2024 die algemene verkiesing verloor. MAX DU PREEZ probeer die spook vang.

TENSY iets dramaties verander, gáán die ANC minder as 50% van die stemme in 2024 trek, soos reeds met die laaste plaaslike verkiesings gebeur het. Alle aanduidings is dat die party se kurwe afwaarts neig.

’n ANC-nederlaag is tegelykertyd ’n bron van hoop en kommer. Hoop omdat dit vir waarskynlik die meeste denkende kiesers duidelik geword het dat die party nie in staat is om homself te suiwer en te hernu nie en dat die spiraal van wanbestuur en korrupsie gaan voortduur, so ’n koalisieregering kan kwalik slegter vaar. Kommer omdat ’n ANC-nederlaag groot onstabiliteit kan meebring – selfs ’n staatsgreep.

Die vrees dat die ANC, soos Zanu-PF in Zimbabwe, die wil van die mense sal ignoreer en aan die mag gaan vasklou, is deels gesetel in ’n Afro-pessimisme wat altyd die slegste in die vasteland raaksien, en deels in die ANC se rekord van arrogansie en magsbeheptheid...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.