Paul Mashatile: die volgende adjunkpresident?

BINNEGEVEG

Paul Mashatile: die volgende adjunkpresident?

Met Cyril Ramaphosa wat sterk uit die ANC se beleidskonferensie die afgelope naweek getree het, lyk sy herverkiesing as president van die party vir eers veilig. Die stryd om die ANC se adjunkpresidentskap is minder seker, maar Paul Mashatile lyk na die voorloper, skryf NATASHA MARRIAN.

BINNE die ANC word na Paul Mashatile as die “holy trinity” verwys na aanleiding van die twee poste wat hy in die kantoor van die party se sekretaris-generaal aanvaar het, benewens sy pligte as tesourier.

Van ’n beskeie begin as aktivis in Alexandra in die 1980’s het Mashatile ’n onontbeerlike deel van die ANC se nasionale masjinerie geword. En daar wag dalk nog groter dinge op hom, soos die adjunkpresidentskap van die party en die land.

Die ANC se beleidskonferensie by Nasrec die afgelope naweek het gewys Ramaphosa het steeds ’n stewige houvas op die mag. Terwyl die “radikale ekonomiese transformasie”-faksie (RET) teenwoordig was – veral in die vorm van die nuutverkose KwaZulu-Natalse partyleierskap – is hul opponering van Ramaphosa se agenda maklik afgeweer. Dít dui vir eers daarop dat die president se posisie by die ANC se nasionale verkiesingskonferensie in Desember nie onder soveel skoot gaan kom as wat vroeër verwag is nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.