Die era van koalisies gaan politieke vernuf toets

ANC LEER NOU ’N HARDE LES

Die era van koalisies gaan politieke vernuf toets

Politieke partye met moeilike ervarings gaan waarskynlik versigtiger wees om koalisies te bou, skryf NATASHA MARRIAN.

NAMATE die stof gaan lê oor een van die mees onvoorspelbare verkiesings wat demokratiese Suid-Afrika nog beleef het, verskuif die fokus na die vorming van regerings in die land se 257 munisipaliteite en, krities, sy agt grootste stede.

Koalisiepraatjies gaan waarskynlik in alle erns begin soos die uitslae die prentjie begin skets van watter party Suid-Afrikaners se hart en bewussyn gewen het om volkome beheer van munisipaliteite te verseker of watter party in die leidende posisie sal wees om ’n regering in die talle verwagte hangende rade te vorm.

Vir die ANC, gewoonlik vol vertroue oor sy vooruitsigte en onwillig om voor die stemproses oor koalisies te praat, was hierdie verkiesing ’n les. Die ANC is op die harde manier geleer hy kan nie aanhou met gemaksugtige weifeling oor kernkwessies wat die ekonomie en elke faset van Suid-Afrikaanse lewe raak nie – soos energie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.