DIE BESTE EN DIE SLEGSTE VAN DIE ANC
Die opgang en ondergang van ’n bevrydingsbeweging
Die African National Congress was eens ’n bevrydingsbeweging wat wêreldwyd hoog geag is en leiers soos Albert Luthuli, Nelson Mandela, Oliver Tambo en Walter Sisulu opgelewer het. MAX DU PREEZ besin oor hoe die ANC ontaard het in 'n katnes van staatskaping, korrupsie en onbevoegdheid.
DIE BESTE EN DIE SLEGSTE VAN DIE ANC
Die opgang en ondergang van ’n bevrydingsbeweging
Die African National Congress was eens ’n bevrydingsbeweging wat wêreldwyd hoog geag is en leiers soos Albert Luthuli, Nelson Mandela, Oliver Tambo en Walter Sisulu opgelewer het. MAX DU PREEZ besin oor hoe die ANC ontaard het in 'n katnes van staatskaping, korrupsie en onbevoegdheid.
Deel
TIEN jaar gelede, nog voor die woord “staatskaping” algemeen in ons nasionale leksikon geword het, het die Brits-Nederlandse akademikus Stephen Ellis ’n boek oor die ANC, External Mission: The ANC in Exile, gepubliseer wat wyd as té krities, selfs vyandiggesind gesien is.
Die uitgewers Jonathan Ball het pas die boek heruitgegee en my gevra om ’n voorwoord daarvoor te skryf. Ek het die boek weer deeglik gelees, dié keer met 2022-oë, en nuwe begrip gekry vir die wortels van die ANC-siektes wat vandag so duidelik manifesteer. Ellis was sy tyd vooruit.
’n Sentrale tema van die boek is die rol wat die Kommunisteparty in die ANC gespeel het. Die party, in die 1950’s en 1960’s gedomineer deur wit en meestal Joodse mans met ’n bewussyn van die bloedige pogroms teen Jode in Oos-Europa in die eerste helfte van die 20ste eeu, was die primêre beweegkrag agter die militarisering van die ANC en die stigting van ’n militêre vleuel in 1961, Umkhonto we Sizwe (MK)...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die staatsgreep-spook lóóp
Hoe ry die Boere kla-kla so
Bewaak die middelgrond en begin ’n koalisie bou
Trans mense verdien liefde, beskerming
Die Nuwe Voortrekkers, KWV 10 en ‘Sarie Marais’
Deel
Deel
Max du Preez
HoofredakteurMax du Preez is die hoofredakteur van Vrye Weekblad. Hy was die stigtersredakteur van die oorspronklike Vrye Weekblad.