PODSENDING
Die SA tegnologie wat oral behalwe hier kragprobleme help oplos
Terwyl Eskom nogmaals beurtkrag op die land afdwing, is Suid-Afrikaanse tegnologie en voormalige Suid-Afrikaanse wetenskaplikes besig om elders ter wêreld nuwe opsies vir elektrisiteitsvoorsiening te ontwikkel – selfs in die ruimte. Luister na Peter Bruce se gesprek met die Suid-Afrikaans gebore entrepreneur André Pienaar.

Deel
DIE Suid-Afrikaans gebore entrepreneur André Pienaar het vandeesweek gesels met Peter Bruce, hoofredakteur van die Arena-mediagroep, oor innoverende energie-tegnologie wat plaaslik ontwikkel is en voormalige Suid-Afrikaanse wetenskaplikes wat die wêreld se krag-opsies in nuwe rigtings help stuur.
Pienaar is die stigter van C5 Capital, ’n wêreldwye waagkapitaal-belegger, en is ook direkteur en aandeelhouer in die nuwe Vrye Weekblad ná die einde van ons verbintenis met Arena.
In sy Bruce’s Podcasts from the Edge het Pienaar gepraat oor C5 se beleggings in X-energy (https://x-energy.com), ’n maatskappy wat baanbrekerswerk doen in gevorderde klein modulêre reaktore. X-energy se hoofwetenskaplike is Eben Mulder, wat vroeër dieselfde posisie beklee het by die Suid-Afrikaanse projek om modulêre korrelbed-reaktore te ontwikkel voordat dit deur Jacob Zuma se administrasie gekelder is...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Eskom: Ons kan nie red wat ons nie verstaan nie
Gatvol en in die duister, so wat nou?
Só werk Mantashe se kop (of nie)
Toemaar, dis net ’n masjien wat jou siel uittrek
‘Ons, die mense’ het met die Guptas iets groots reggekry
Deel
-
Deel