Jan Oberholzer: ‘Toe die Vader geduld uitgedeel het, het ek die ...

WAT OM TE MAAK AS ALS BREEK

Jan Oberholzer: ‘Toe die Vader geduld uitgedeel het, het ek die memo gemis’

Hy is Eskom se bedryfshoof. ’n Super-operator. Die man wat moet probeer verstaan wat aangaan elke keer as nóg ’n boiler die gees gee of nóg ’n potensiële daad van sabotasie ’n kragstasie buite diens laat. ANNELIESE BURGESS gesels met dié selferkende bliksem oor die ekstreme korrupsie by Eskom, die spoeg-en-plak-erflating wat sy hare so grys gemaak het, en of hy ’n kragopwekker by die huis het (die antwoord is ja).

KOEBERG lol. En dít beteken Jan Oberholzer is in die Kaap.

As ’n ding breek – en Eskom bréék eenstryk deur (hy verduidelik later breedvoerig hoekom) – is dit die groot man met die gryskop wat moet gaan tjek. 

“As daar probleme is by ’n kragstasie, moet ek hardloop. As daar ’n probleem is in transmissie, moet ek sóóntoe. Daar is nie meer genoeg mense in Eskom wat ervaring het van die hele bedryf nie.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.