DIT was die eerste werkdag van ’n nuwe jaar, 2012. Rehana Koen*, die bestuurder van die poskantoor in Rustenburg, het geen idee gehad van wat op haar wag toe sy dié oggend die deure oopsluit nie. Met die groot dae in die truspieël is dit nou weer die roetine van die alledaagse. En hier, nes in elke poskantoor regoor die land, is dit standaardprosedure om ’n geoutomatiseerde verslag van die vorige dag se transaksies te druk sodra die Postlink-IT-stelsel aangeskakel word.
Ná twee openbare vakansiedae verwag Koen nie ’n lang verslag nie. Die gerusstellende girts-girts van die drukker begin. Maar dan kyk Koen met groeiende ongeloof na hoe blaaie en blaaie uitdrukke op die vloer begin opstapel. Dié volume transaksies sou nie moontlik gewees het vir ’n normale dag in die kantoor nie, maar geheel en al onmoontlik ná twee vakansiedae.
Merwe van Rensburg is die nasionale bestuurder van die forensiese ondersoekeenheid by die nasionale possentrum in Centurion. Borselkop. Snor. Reguitprater. Stuyvesant-roker. ’n Voormalige polisiespeurder met meer as 30 jaar ervaring...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.