Op soek na die siel van Fordsburg

KOS EN KULTUUR

Op soek na die siel van Fordsburg

ANNELIESE BURGESS het nog altyd ’n liefdesverhouding gehad met Fordsburg – die klein Indië van Johannesburg. In haar eerste besoek aan die Stad van Goud in meer as twee jaar het sy en Vrye Weekblad se avant garde kos-fairy, Lientjie Wessels, op 'n kostoer deur dié voorstad gegaan. (Hulle het sommer vir kollega Piet Croucamp saamgenooi.) Stap saam met hulle deur die strate en winkeltjies en markte. Dit is ’n tonikum teen depressie.

DIE skadu van Covid lê soos 'n swaar kombers oor Mary Fitzgerald Square en die Markteater – twee blokke van die ou Vrye Weekblad-kantore in Newtown. Die voorheen bedrywige kulturele hartspunt van Johannesburg voel verlate. Die meeste winkeltjies om die rand van die plein het toegemaak. Die Markteater staan fronsend soos 'n uil. Die ou Yard of Ale (in die 80's was dit VWB se alternatiewe kantoor) het steeds die mooi groen teëls om die groot vensters, maar binne is niks. 'n Man in camo-klere hang-staan teen 'n muur in die son. Hy dra 'n hasie-mus met regop pienk ore. 'n Boombox speel harde kwaitomusiek. 

Om die draai van die Markteater is die lieflike rooi-blou-baksteengebou wat in 1913 Johannesburg se eerste vrugte-en-groentemark geword het. In 1990 is dit in 'n museum omskep en in 1994 het Museum Afrika sy deure oopgemaak. Dit was hier waar Suid-Afrika se eerste biënnale ook gehou is.

'n Skoenmaker sit op die sypaadjie en timmer aan 'n hoop gehawende skoene. 'n Man stap verby met verestoffers en besems oor sy skouer. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.