Stap vir gesondheid en ’n ligter gemoed

MET DAPPER EN STAPPER

Stap vir gesondheid en ’n ligter gemoed

’n Aptyt vir stap en ’n aptyt vir die lewe gaan hand aan hand. En terwyl jou liggaam sy oortollige lading met elke tree afskud, help stap jou ook sommer om jou gemoedslas oor dinge soos beurtkrag te verlig, skryf ILSE BIGALKE.

IN ’n onlangse artikel deur Joan Muller in Vrye Weekblad is Hermanus (my tuisdorp) se lof as ’n toevlugsoord vir Suid-Afrika se superrykes besing. Maar Hermanus is natuurlik ook bekend vir die reuse-gaping tussen arm en ryk; ongelukkig ’n ware mikrokosmos van die groter Suid-Afrika.

Al is die spogbuurte min beskore, is daar een luukse waartoe élke inwoner vrye toegang het: Die wandelpad wat al langs die kus kronkel, is binne maklike bereik van verreweg die meeste huise, ook dié in die informele nedersetting Zwelihle.

Dié ikoniese sementpaadjie tussen fynbos en see strek oor sowat 12km van die nuwe hawe aan die een kant van die dorp tot by die blouvlagstrand Grotto aan die ander. Hier is Walkerbaai en sy ryk seelewe jou woning – onder meer die suidelike noorkappers wat elke jaar kom paar en baljaar...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.