Ek is teen Covid-19 ingeënt. Moet ek steeds vanjaar die...

GRIEPSEISOEN

Ek is teen Covid-19 ingeënt. Moet ek steeds vanjaar die griepinspuiting kry?

Die kenners is dit eens, skryf SANET OBERHOLZER: Ja, beslis. En daar is goeie redes daarvoor.

DIE griepseisoen is op ons. Volgens 'n studie deur navorsers aan Wits en die Noordwes-Universiteit en van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes en die Amerikaanse Centers for Disease Control and Prevention veroorsaak die griepvirus elke jaar tussen 300,000 en 600,000 respiratoriese sterftes die wêreld oor, met die hoogste sterftesyfers in Afrika suid van die Sahara. 

Omdat die meeste griepgevalle in Suid-Afrika van Mei tot September voorkom, word mense nou aangemoedig om die griepinspuiting te kry. Die vraag is of Covid-19-inentings enige impak het op die nodigheid van griepinspuitings vanjaar.

Ons het kenners gevra of dit steeds belangrik is om die griepinspuiting te kry as jy reeds teen Covid-19 ingeënt is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.