MISDAAD
Is die duiwel los, of is dit net in my kop?
ANNELIESE BURGESS sê die massaverkragting van agt vroue op ’n verlate mynhoop het ’n kortsluiting in haar brein oor Suid-Afrika se misdaadvlakke veroorsaak. Sy voel die uitrafeling nou al vir ’n ruk, soos ’n trui in die tuimeldroër waarvan die naat ongesiens losgetorring het.
MISDAAD
Is die duiwel los, of is dit net in my kop?
ANNELIESE BURGESS sê die massaverkragting van agt vroue op ’n verlate mynhoop het ’n kortsluiting in haar brein oor Suid-Afrika se misdaadvlakke veroorsaak. Sy voel die uitrafeling nou al vir ’n ruk, soos ’n trui in die tuimeldroër waarvan die naat ongesiens losgetorring het.
Deel
DIT was weer ’n bloedige maand in Suid-Afrika. In net twee dae verloor 25 mense hul lewe in vier afsonderlike massamoordvoorvalle in sjebiens. Mense word afgemaai in strate en in ’n spazawinkel. Op ’n Vrystaatse plaas word sewe mense vermoor – ’n 12-jarige seun word in ’n bad verdrink.
Ek voel die uitrafeling nou al vir ’n ruk. ’n Onderliggende bewustheid dat die geweldmonster hongerder raak. Dat die tentakels van misdaad al hoe dieper suig en die onaanvaarbare al hoe meer alledaags word.
’n Pieng op ons WhatsApp-groep. Net voor drieuur op ’n doodgewone middag in Januarie: “Fatal shooting at Hildasia.” Dit is ’n algemene handelaar langs ’n pad wat ons elke dag minstens twee keer skool toe ry. Brandon, die eienaar, se kinders is trouens in my dogter se skool. Sy baba was twee weke oud toe hy deur vier rowers doodgeskiet is agter sy winkeltoonbank. Hulle is daar weg in ’n blou Polo met die geld wat in die kasregister was (en sewe maande later is hulle nog op vrye voete)...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
‘Maties is ’n nasionale bate, nie ’n volksuniversiteit’
Bleeksiel en die bekgeveg in Gugulethu
Bongani Baloyi: van DA-superster tot Action SA-bekeerling
’n Reis met Lewy-liggaamsiekte
Godsman, ombudsman, ateïs: ’n pad na verlossing
Deel
Deel
Anneliese Burgess
MederedakteurAnneliese Burgess is mederedakteur van Vrye Weekblad.