Twee begrafnisse en ’n wonderbaarlike hergeboorte

'N NUWE WENDING

Twee begrafnisse en ’n wonderbaarlike hergeboorte

MAX DU PREEZ moes al twee grafbriewe vir Vrye Weekblad skryf. Daar gaan nie nóg een wees nie. Vrye Weekblad 3.0 het gekom om te bly. En te groei.

LAAT in 1987 het ek die eerste keer in my lewe ’n maatskappy gestig. Ek was 36 jaar oud. Die enigste kapitaal was wat my pensioenfonds, my polisse en die verkoop van al my eiendom opgelewer het.

Die naam was Wending Publikasies Beperk, wat ’n klompie maande later Vrye Weekblad begin uitgee het: ’n kwasterige flentergatkoerantjie met ’n kwaai houding en groot ideale wat gou diep spore in die Suid-Afrikaanse medialandskap en nasionale sake getrap het.

Dit is in Februarie 1994 deur die staat doodgewurg, drie maande voor die droom waarvoor ons geveg het, ’n oop, vry gemeenskap en ’n volwaardige demokrasie, ’n werklikheid geword het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.