McKinsey: in die smerige onderbuik van die wêreld se voorste...

TENTAKELS VAN ONHEIL

McKinsey: in die smerige onderbuik van die wêreld se voorste bestuurskonsultante

ANNELIESE BURGESS is nie onbekend met die wêreld van internasionale bestuurskonsultante nie, maar 'n boek oor McKinsey deur twee van Amerika se voorste ondersoekende joernaliste het haar stomgeslaan. Die Zondo-kommissie het dié firma se immorele optrede by Transnet en Eskom blootgelê, maar ons weet byvoorbeeld minder van hulle rol in die opioïed-krisis in Amerika en hulle vingerafdrukke op die moord van die Saoedi-Arabiese joernalis Jamal Khashoggi.

TOE ek as kommunikasiekonsultant aangestel is op ’n projek saam met een van die voorste internasionale sakebestuursfirmas, was dit vir my ’n vreemde wêreld. Die lingua franca is PowerPoint-“decks” en Excel-spreadsheets. En deliverables en project meetings en 18-uur-dae. Enigiets minder as dit, en jy word gebrandmerk as iemand wat nie ’n spanspeler is nie.

Jy word geleer om in te smelt by jou omgewing. Donker pakke en bedeesde dasse. ’n Stringetjie pêrels vir die vroue. Daar is ’n ysere hiërargie. Jou opinie tel net as jy gevra word om dit te deel. En dan praat jy steeds meer met jou “deck” as met jou mond. Die kliënt is koning. Jy is ’n onderdeel in ’n geoliede masjien wat meedoënloos gerig is op optimisation en streamlining, prosesse en kostebesparings. 

Hierdie wêreld het weer in my herinnering opgebloei toe ek begin lees het aan When McKinsey Comes to Town deur Walt Bogdanich en Michael Forsythe, twee van The New York Times se voorste ondersoekende joernaliste. Die boek het my stomgeslaan...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.