RUSLAND, sê die Britse premier, Boris Johnson, is 'n “bebloede aggressor wat in imperialistiese verowering glo".
Dit is tyd om Rusland “stuk vir stuk" uit die globale ekonomie te druk. “Putin sal in die oë van die wêreld en deur die geskiedenis veroordeel word; hy sal nie die bloed van Oekraïne van sy hande kan was nie," het Johnson Donderdag in die Britse parlement gesê.
Daarom sal die grootste en strafste pakket van ekonomiese sanksies wat Rusland nóg getref het, ingestel word nadat Vladimir Putin Oekraïne binnegeval het. Dié maatreëls is deel van gelyktydige stappe wat deur die Weste teen Putin gedoen word. Die Britse sanksies teiken Russiese banke, daar sal 'n perk wees op hoeveel geld Russiese burgers in Britse bankrekenings kan hou, uitvoere van gespesialiseerde tegnologie na Rusland sal ingeperk word en die Russiese lugredery Aeroflot word verbied om die Britse lugruim binne te kom. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.