“WE are taking decisive steps to stop Chinese recruitment schemes attempting to headhunt serving and former UK Armed Forces pilots to train People’s Liberation Army personnel in the People’s Republic of China,” het die departement van verdediging luidens ’n verklaring gesê.
Van dié stappe is onder meer om vertroulikheidsklousules by die uitdienstredingsvoorwaardes van soldate te voeg. Wysigings aan die Nasionale Veiligheidswetgewing dien ook tans voor die Britse parlement. ’n Spesiale klousule genaamd die skema vir buitelandse invloedregistrasie (Foreign Influence Registration Scheme) gaan vereis dat enige Britse burger wat deur ’n vreemde land se regering gehuur word die besonderhede van die diens moet verklaar. Dié stap sal na verwagting spioenasie en ander operasies met duistere motiewe aan bande lê.
Die hoof van die Britse spioenasiediens, MI5, het aan Sky News gesê Brittanje is tans in ’n strategiese stryd sonder weerga gewikkel teen lande wat sy nasionale veiligheid, demokratiese bestel en kommersiële entiteite wil ondermyn. China is naas Rusland een van dié vyande veral met inagneming van die toenemende spanning tussen Brittanje en China oor die posisie van Taiwan...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.