Skielik is BBP-vlugte een groot geheim

WAAROM KAN ONS NIE WEET NIE?

Skielik is BBP-vlugte een groot geheim

Die sage rondom die presidensie en die lugmag se BBP-vlugte en die vermorsing van staatsgeld het ’n nuwe vlak van geheimsinnigheid betree deurdat die profiel van pres. Cyril Ramaphosa se vlug Sondag na Angola vir die algemene publiek onsigbaar gemaak is. ERIKA GIBSON doen verslag.

DIE vorige keer dat ’n operateur van ’n sakestraler in die Suid-Afrikaanse lugruim tot dié uiterstes gegaan het, was ’n klompie jare gelede toe die Gupta-familie se straler met die registrasie ZS-OAK nagespeur is. Dit was te midde van skandaal op skandaal en die Guptas het uiteindelik landuit gevlug voordat hulle in Suid-Afrika gearresteer kon word.

Die vlugprofiel van reise deur Ramaphosa en oudpresidente Jacob Zuma en Thabo Mbeki voor hom was nie tevore beperk op oop naspeur-apps soos Flight Radar 24 (https://www.flightradar24.com/) of Plane Finder (https://planefinder.net/) nie. Nie eens Air Force One as die Amerikaanse president se amptelike vliegtuig is beperk nie en enigiemand kan op dié apps sien as die vliegtuig met dié roepsein vlieg.

Boonop was die vlug nie ’n geheim nie. Die presidensie het self in ’n nuusverklaring bekendgemaak dat Ramaphosa Sondag vir die begrafnis van oudpres. Eduardo dos Santos na Angola gereis het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.