AS die ses jaar wat die tweeling reeds in aanhouding was ingereken word, gaan albei binne die volgende vier jaar terug op straat wees. Die vraag bly: Gaan hulle dan met hul terreurplanne voortgaan, of het hul tyd in die tronk hulle tot inkeer gebring?
Die tweeling van die Wes-Rand het met die mindere vonnisse moontlik lig daarvan afgekom. Toe hulle destyds in 'n klopjag vasgetrek is, het hulle nog geen dade van terreur tot uitvoer gebring nie. Daar was weliswaar 'n baie stewige plan van aksie op hulle tafel en hulle het ook reeds met organiseerders van die Islamitiese Staat in Sirië (Isis) in Johannesburg vergader.
Tydens hul hofverskyning in Januarie het die staat dié einste bewyse teen hulle aan die twee se regspan oorhandig. Dit was kort daarna dat onderhandelinge vir 'n pleitooreenkoms agter die skerms begin het. Aanduidings is dat indien die twee nié sou skuldig gepleit het nie, en die saak tot verhoor oorgegaan het, hulle vir veel langer opgesluit sou word...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Ingryping in Mosambiek nodig