BEES VAN BLERK (71) boer al 47 jaar aan die Lesotho-grens naby Clarens in die Oos-Vrystaat. Getrou aan sy naam boer hy met beeste – ’n befoeterde kruising van brahmane en angusse wat sy hartskinders is. Hy kan boekdele vertel van die wel en veral die wee om sonde met die bure aan die ander kant van die grens te probeer temper. Soms raas en skel en dreig hulle mekaar – veral as oorgrens-veediefstalle soos die afgelope paar maande toegeneem het.
Maar hulle lewe ook volgens ’n ongeskrewe stel reëls waar deernis, regverdigheid en wedersydse respek die hoeksteen is. Dié reëls strook nie altyd met die letter van die woord van die owerhede nie, maar dáár waar daar net berge en veld ver van die naaste polisiekantoor of weermagpos is, moet die lewe aangaan.
“Ek behoort aan geen organisasie nie en is ook nie lus om by vergaderings te sit waar allerlei planne op papier gemaak word nie. Op my plaas geld my reëls en ons sorg as bure vir mekaar. As ’n boer aan die Suid-Afrikaanse kant se beeste soek raak, help ek. As iemand die kaptein in Lesotho se melkkoei steel en ek sien iemand met die koei dié kant loop, loop ek hom tromp-op, want ek weet dis die kaptein se koei," sê Van Blerk...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Mosambiek: Ons gaan soos die flentergatte lyk