×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Herontdek jou seksualiteit (en nee, dit gaan nie net oor ...

LAAT DIE TANNIE VIR JOU WYS

Herontdek jou seksualiteit (en nee, dit gaan nie net oor genitalieë nie)

Leán Bakker se reis van kontemporêre danser tot by een van Suid-Afrika se voorste seksualiteitsbegeleiers loop deur haar eie diepsinnige spirituele en seksuele ontwaking kort voor haar 50ste verjaardag, vertel sy aan ANNELIESE BURGESS.

SY sit in haar mooi wit woonkamer met ’n uitsig oor die see. Die laatmiddagson stroom in deur die vensters en baai Leán Bakker in ’n sagte lig. Die topaas-ring aan haar regterhand flits soos sy praat, haar gespierde danserskouers gemaklik teruggegooi in ’n blou leunstoel. 

“Voor ons begin, wil ek iets uitklaar," sê Leán. “ Ek voel soms asof ek in ’n leeukuil sit. Met seksualiteit is daar baie positiewe energie, maar daar is ook baie skaamte en baie perversie. Dit is iets waarmee ek elke dag deal, so vir my is dit is ongelooflik belangrik hoe my werk uitgebeeld word. Ek dink die kerk het grootliks bygedra om seks te shame, en toe het dit ondergronds gegaan, en nou maak dit mense ongemaklik as mens openlik daaroor praat."

En Leán praat (en verduidelik) reguit en op die man af. Met nie ’n sweempie shame nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.