‘Dubul ibhunu’: As ek die lied kon wegwens, sou ek

HOFUITSPRAAK

‘Dubul ibhunu’: As ek die lied kon wegwens, sou ek

Die hofuitspraak deur regter Edwin Molahlehi dat ‘Dubul ibhunu’ nie haatspraak is nie, pla PIET CROUCAMP geweldig. Hy verduidelik waar hy dink AfriForum fouteer het.

DIE hofuitspraak van regter Edwin Molahlehi die afgelope week in die Gautengse gelykheidshof dat “Dubul’ ibhunu” (“shoot the boer”) nie haatspraak is nie, pla my geweldig. As ek die lied kon wegwens, sou ek. Ek wil nie my kinders grootmaak in ’n land waar so iets gesing word as deel van die normale politieke spanning en gesprek nie. Ek ken ook persoonlik boere vir wie die waarskynlikheid van geweld op hulle plase te veel geword het en wat uiteindelik hulle boerderye verkoop het.

Die regter sê egter heeltemal tereg in sy uitspraak dat AfriForum se regspan nié kon bewys dat daar ’n direkte verband is tussen dié lied en die misdadige geweld wat boere en hulle werkers ervaar nie. Ek is onseker of enige regsgeleerde die regter sou kon oortuig dat daar wel ’n verband is, maar indien wel sou dit waarskynlik nié AfriForum en hul onbeholpe regsverteenwoordiger, advokaat Mark Oppenheimer, wees nie.

Tydens die hofsaak het Julius Malema vir Oppenheimer ’n lewensles gegee in bevrydingspolitiek. Ek het alle beeldmateriaal wat ek kon kry van die hofsitting gekyk en Malema het Oppenheimer na ’n amateur laat lyk. Soos ook duidelik uit die regter se uitspraak afgelei kan word, is konteks belangrik en Oppenheimer en AfriForum se Ernst Roets leef nog binne die ruimte van ’n Verwoerdiaanse verklaringsraamwerk...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.