Vergewe of vergeet: die stryd teen die Luthulihuis-virus

AS NIEMAND VERANTWOORDELIKHEID NEEM

Vergewe of vergeet: die stryd teen die Luthulihuis-virus

Die kwekers van die virus van korrupsie en staatskaping in ’n laboratorium in Luthulihuis moet verantwoordelikheid neem pleks van vroom vir vernuwing pleit, skryf PIET CROUCAMP.

MILAN KUNDERA se “the struggle of man against power is the struggle of memory against forgetting” is nou al so verweer deur misbruik dat ek seker maar die vernietigingswerk kan voortsit.

Een van die wyses waarop die mens probeer vergeet, is om die futiele strewe na vergewe aan te pak. Maar wat leer jy uit vergewe? Niks nie, wil ek glo. Vergewe is niks anders nie as doelbewuste misleiding met die doel om te vergeet. Neem verantwoordelikheid en aanvaar jy kan die skade nooit ongedaan maak nie.

Vir baie is weerwraak ’n eerstekeuse-pynstiller. Dit temper momenteel die drif om te haat, ontlont die primitiewe genetika van woede en trek die doodskleed ’n laaste keer oor die aangesig van die wandaad. Geheue en herinnering bly in ’n bloedstryd met ontkenning...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.