Shamila Batohi wil dié ding deursien, al vat sy steeds slae...

'N GRÓÓT SAAK KOM, BELOWE SY

Shamila Batohi wil dié ding deursien, al vat sy steeds slae van alle kante

CARIEN DU PLESSIS het dit aan Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolging, gestel dat die eindelose vertragings in hoëprofiel-korrupsiesake onder meer is omdat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) nie van die vrot appels in sy eie geledere ontslae raak nie.

SY sal nie toelaat dat politiek in die pad staan van die vervolging van staatskapers en korruptes nie, sê Shamila Batohi.

“Die oppergesag van die reg beteken jy vervolg wanneer jy die bewyse daarvoor het,” het Batohi in ’n wydlopende onderhoud met Financial Mail gesê. “Dit maak nie saak of ’n [ANC-] konferensie plaasvind of nie. Of ons nóú beweeg, of oor ’n maand of twee of drie of vier maande of op die dag van die konferensie, dit maak nie saak nie.”

Sy verwys natuurlik na die ANC se 55ste nasionale verkiesingskonferensie in Desember. Met ’n aantal van die party se leiers wat vasgevang is in bewerings van staatskaping en korrupsie is ’n ongekende interne reël in werking gestel waarvolgens enigeen wat strafregtelike aanklagte teen hulle het, nie verkiesbaar is as een van die 80 lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.