Mmusi Maimane: ‘Om SA te red soek ons die beste van die beste...

TYD OM TE BOU

Mmusi Maimane: ‘Om SA te red soek ons die beste van die beste uit alle opposisiepartye’

Mmusi Maimane sê hy móés die DA verlaat. Dit was 'n beginselsaak. ANNELIESE BURGESS gesels met Bosa se ‘hoof-aktivis' oor sy (destydse) woede, sy drome oor 'n post-2024-regering wat uit verskillende partye se beste mense opgemaak word en sy ‘beautiful Soweto upbringing' wat hom as mens help vorm het.

DAAR’s ’n hele paar dinge wat ek nie van Mmusi Maimane geweet het nie, al is hy reeds so lank ’n openbare figuur.

Soos dat hy agt tale kan praat. Dat hy geleer het hoe om ’n petrolbom te maak voordat hy geleer het om fiets te ry. Dat sy Xhosa-pa en Tswana-ma die saad geplant het vir onwrikbare geloof in die mag van diversiteit. En dat hy ’n “Covid-baba” gehad het: Kutlwano. Sy is twee. En pa kan nie ophou praat oor haar nie.  

Ons praat oor die foon. Maimane klink moeg, maar opgeruimd. “My goodness,” sê hy. “Ons het so ’n toeloop van mense gehad dat ons moes bontstaan om seker te maak ons stelsels hou. Maar dis ’n goeie probleem om te hê, so ek kla nie.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.