Cyril 2.0 gaan nie anders as Cyril 1.0 wees nie

NOG ’N KANS

Cyril 2.0 gaan nie anders as Cyril 1.0 wees nie

Dit is ’n aanduiding van hoe bankrot die ANC aan leiers is dat Cyril Ramaphosa die enigste Groot Hoop op ’n beter toekoms bly. MAX DU PREEZ besin oor wat Ramaphosa moes en kon gedoen het nadat hy president geword het, en hoekom hy dit nie gedoen het nie.

JA, ons is nie meer skaam as ons president ander staatshoofde ontmoet of op ’n internasionale verhoog staan nie. Ons is bly ons het nie meer ’n president wat beter kan dans as tel en stukke van die staat aan charlatans uit Indië vir plastieksakke vol note verkwansel nie.

Ja, Cyril Ramaphosa moet krediet daarvoor kry dat hy die inkomstediens en die vervolgingsgesag van korruptes en knegte van staatskaping gesuiwer het.

Maar dit is ’n feit soos ’n koei dat daar toe geen Nuwe Daeraad was nie. Die staat is net so korrup soos tydens die Jacob Zuma era – nou dalk selfs meer sistemies. Die agteruitgang in infrastruktuur het inderdaad sedert 2018 drasties toegeneem. Plaaslike regering is vrotter as ooit tevore...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.