Dis die ekonomie, Cyril

BIDEN DRAAI SKROEWE AAN

Dis die ekonomie, Cyril

Pres. Joe Biden van Amerika maak die wêreld ekonomies gesproke warm vir Suid-Afrika wat steun aan Vladimir Putin se oorlog in Oekraïne en korrupsie betref. Pres. Cyril Ramaphosa het dít tydens sy onlangse besoek aan die Withuis deeglik uitgevind, skryf PIET CROUCAMP.

TOE pres. Cyril Ramaphosa onlangs ’n uitnodiging van pres. Joe Biden ontvang het om die Withuis te besoek, was die Suid-Afrikaanse president meer as gretig om dié besoek so gou as moontlik te bring.

Biden het met sy verwelkoming betekenisvol voor die internasionale media opgemerk: “The United States and South Africa and your government have the same value set.” Hy het Ramaphosa ook gevra om sy “strong moral voice” te gebruik om die oorlog in Oekraïne tot ’n einde te bring.

As ek nie van beter geweet het nie, sou ek gedink het die Yank is sarkasties. Jy kan naïewelik vir Ramaphosa, die ANC-leier, krediet gee dat hy ’n eerlike politikus met ’n belang by goeie regering is, of jy kan (soos ek) weet dat sy politieke wil en ideologiese oortuigings deur ekonomiese werklikhede gebuig en geknak word. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.