Nee, dr. Edeling, jy weet nie waarvan jy praat nie

NOGMAALS ENTSTOF-PARANOIA

Nee, dr. Edeling, jy weet nie waarvan jy praat nie

Die neurochirurg en mediese regspraktisyn dr. Herman Edeling het in onlangse mediaonderhoude ernstige aantygings oor Covid-19-entstowwe en die regering se hantering van die pandemie gemaak. ILSE BIGALKE het kundiges op die gebied van aansteeklike siektes en mediese virologie gevra om te reageer.

IN ’n onlangse onderhoud met BizNews (https://www.biznews.com/health/2022/09/02/herman-edeling-vaccine-mandates) het dr. Herman Edeling, ’n Suid-Afrikaanse neurochirurg wat in ’n mediese regspraktyk praktiseer, ’n klomp ernstige aantygings gemaak oor Covid-19-entstowwe, die regering se besluit om entstofvervaardigers te vrywaar van sterftes en ander gevolge weens hulle entstowwe, asook oor maatskappye se verantwoordelikheid vir nadelige gevolge en sterftes as gevolg van hulle entstofmandaat. 

Leserskommentaar op die onderhoud was grootliks ondersteunend. Dit is gepubliseer onder die opskrif “South Africans have spoken: Covid-19 vaccines, unquestionably unconstitutional and fraudulent (https://www.biznews.com/news/2022/09/09/covid-19-vaccines-unconstitutiona)”. 

In ’n ander onderhoud met BizNews (https://www.biznews.com/thought-leaders/2021/12/27/vaccine-deaths-dr-herman-edeling)verduidelik Edeling ’n ope brief wat hy vroeër aan pres. Cyril Ramaphosa geskryf het waarin hy die regering en die departement van gesondheid onder meer daarvan beskuldig dat hulle nie eerlik is oor hospitalisasies en sterftes ná die toediening van Covid-19-entstowwe nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.