In sy 90’s word Oom William oplaas met meer as net medaljes beloon

VETERAAN VAN DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG

In sy 90’s word Oom William oplaas met meer as net medaljes beloon

Manskap William van Wyk is op 18 April 1946 ná die Tweede Wêreldoorlog met ’n bors vol medaljes, ’n fiets, ’n jas en 18 Britse ponde uit diens gestel. Dit was die somtotaal van die erkenning wat hy en duisende ander diensvrywilligers van kleur vir vyf jaar se ontbering op die Geallieerde slagvelde in Noord-Afrika en in Europa ontvang het. Vandag is hy op 99 die oudste oorlewende wêreldoorlog-veteraan in Suid-Afrika, maar tot onlangs was hy feitlik vergete, vertel ERIKA GIBSON.

DESTYDS moes die getalle van soldate wat nodig was om die oorlog aan Brittanje se kant te gaan baklei, met lede van die Kaapse, Indiër- en Maleierkorpse opgemaak word, want daar was te min wit soldate. Dié van kleur sou soos in die Eerste Wêreldoorlog (WOI) aanvanklik net in ondersteuningsrolle soos drywers, werktuigkundiges en draagbaar-draers gebruik word.

In die hitte van die stryd is daar reeds met WOI van dié manskappe ook opgelei om in die voorste linies te gaan baklei. Dit was toe, tydens die Geveg om Square Hill in Oos-Afrika, waar die lede van die Suid-Afrikaanse Kaapse Korps (SAKK) met ’n gevegsonderskeiding vereer is nadat hulle gehelp het om ’n Turkse mag vir meer as 12 uur vas te pen en uiteindelik te verslaan en gevange te neem.

’n Kanon wat hulle van die Turke gebuit het, staan vandag nog by die McGregor-museum in Kimberley. Elke jaar word dié veldslag wêreldwyd met ’n gedenkdiens herdenk, ook in Kimberley. As die enigste oorlewende lid van die SAKK is Oom William op 99-jarige ouderdom ook die laaste een wat nog elke jaar sy kransie gaan lê...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.