Politieke Notaboek | Die Isis-bedreiging: Ons spoke weet van niks

DIE WEEK IN DIE NUUS

Politieke Notaboek | Die Isis-bedreiging: Ons spoke weet van niks

MAX DU PREEZ skryf oor Suid-Afrika se steeds gewonde staatsekuriteitagentskap, oor nuwe voorspellings dat Suid-Afrika op die rand van ’n ewige afgrond is, en oor Rishi Sunak, seun van ’n Keniaan.

SUID-AFRIKANERS, julle is nie veilig nie. En nou praat ek nie eens van die meestal chaotiese en onbeholpe polisiediens nie, ek praat van ons intelligensiedienste.

Die regering het dié week vererg gereageer op die Amerikaanse ambassade se waarskuwing dat daar die naweek ’n terroriste-aanval in Sandton kan plaasvind. Twak, sê die minister in die presidensie wat ook die politieke hoof van staatsekuriteit is, Mondli Gungubele, waar’s die bewyse?

Maar nou blyk dit dat die minister bloot nie deur sy amptenare in staatsekuriteit ingelig is nie. Die Amerikaners het selfs sewe moontlike verdagtes van die Islamitiese Staat (Isis) geïdentifiseer, maar die amptenary het dit nie in hulle weeklikse veiligheidsverslag aan die regering ingesluit nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.